Wraggies oorweeg ek weer om te begin skryf, ek mis dit. Boetman is nou in die groot skool en hy slaap al mooi deur. AS hy nie ‘games’ speel saam met Boerman nie! Die 3 bloeisels eet my uit die huis en is nou al 3 pragtige blomme. (Checkers se bestuur het my laasweek gevra om asb nie op te hou koop by hulle nie, want die winkel se verkope het met n stewige 33% geval laasweek. Nadat ek hom Camomile-tee ingejaag het, en mooi vir hom verduidelik het ek was net siek, (die kids het van KFC gelewe), het die man opgehou pleit en soebat!)
Ek se altyd dankie tog hulle is mooi. Maar laasweek was ek REGTIG BLY!! Ek roep Middel-Blom, vra asb vir Jik, kyk in die gang-kas se ek. Middelblom: Ma hier is nie Jik nie ,ma kan maar self kom kyk, ek kyk mooi, hier is net bleachhh… Nou ja, so is ons almal bly vir ons seeninge. Lekker Wyndag vir almal