Feeds:
Bydraes
Comments

Rerrrrig naby!

Vrydag was ons 10e huweliksherdenking.  Ons het vir die naweek so bietjie weggesluip van die plaas af.

Oppad terug huis toe, na die hek, het ons die foto geneem van ‘n sebra.2009 11 06 071

Jy kry wragtig nie nader as dit nie. Hy(of sy) was so amper leeukos! Lekker week vir almal.

Hi Almal. Ek gaan nie tag nie, ek dink dis effe tyd-rowend.  Los ‘n comment en sê wat is in jou paneel kissie van jou kar. Of as die paneel kissie baie klein is (soos myne), die deure se ’sakkies’ en daai middelste pak-plekkie wat soos ‘n hand-lening lyk, tel ook!

Hier is myne: 2009 10 10 001

2009 10 10 002

2009 10 10 003

hond

‘n 35 jarige vrou met 2 kinders sê vir haar man sy vat hulle hondjie vir ‘n walkie en dan gaan sy vriende ontmoet vir koffie. Soos ou Murphy dit wil hê, vat die man die kinders uit (seker dorp toe) en sien die ou hondjie wat net soos hulle s’n lyk, vasgemaak aan ‘n lamp-paal, begin vir hom blaf.

Obvouisly het die ‘dom’ vrou die hondjie buite ‘n kroeg vasgemaak terwyl sy het haar ‘lover’ karfoefel. Die res is die gewone, man storm in terwyl vrou ‘lover’ hartstogtelik soen …..

Dis plain weg stupid!

http://www.dailymail.co.uk/news/worldnews/article-1221906/Cheating-wife-caught-leaving-family-dog-outside-cafe-met-lover–husband-walking-outside.html

Flexible SN18

Sommige mans monkeywens seker soms hulle is so flexible.

bookstoreEk het ‘n bietjie lank gevat, ek’s deesdae baie lui om te blog…   My belangrikste ‘reel’ wat ek die kinders probeer leer is:

♥ As jy nie iets mooi kan sê nie, hou jou mond, jy HOEF nie iets te sê nie!

Die ander wat volg is in geen spesifieke volgorde  nie.

♥ Kweek ‘n liefde vir lees by jou kinders, dis net ’priceless’.

♥ Eerste indrukke is blydend, probeer dat dit ‘n goeie een is..

♥ Sê elke dag vir jou man jys lief vir hom, en jy waardeer alles wat hy doen!

♥ My huis is altyd chaos, en iemand het eenkeer vir my gesê, dis hoe ‘n huis moet wees. Daar word geleef!

♥ Geen oortreding is onvergeetlik nie, behalwe as jy dit so wil hê.

♥ Dis die vriende wat jy 4uur in die oggend kan bel, wat saak maak.

♥ To have a good friend, you have to be a good friend.

♥ Skoonheid vergaan, maar deug bly staan.

♥ Buig die boompie terwyl hy(of sy) nog jonk is.

♥ Wees altyd op tyd, as jy laat gaan wees bel vooraf.

♥ Rather look to the  future  than dwell in the past.

♥ Beproef alle dinge, maar behou die goeie.

♥ “Sex appeal” is 50% wat jy het, en 50% wat mense dink jy het. -Sophia Loren

♥ Pas jou liggaam op, jy het net een.

Die laaste een is ook nogal baie belangrik:

♥ Onthou as jy nie met die familie of vriende oor die weg kom nie, maak dit nie saak nie, want eendag gaan dit net  jy en man of vrou op die stoep wees. Jou kinders gaan besig wees met hulle gesinne, die vriende gaan moontlik al vervang wees en ouers en skoonouers gaan moontlik dood wees. Net julle twee gaan saam wees, so hou maar liefie gelukkig :-)

prar

 

 

 

 

 

 

Die fotograaf skiet eers na die item wat hy afneem, en dan ’skiet’ hy dit met sy kamera. Die arbei en pruim is maar 2 van die vele. Gaan kyk gerus:

http://www.dailymail.co.uk/news/article-1219762/Guns-roses-The-photographer-literally-shoots-subjects.html

100

Baie van ons kerm en kla te gou. Ek is een van hulle wat kla oor klein goedjies.

Die ou mense laat my kop so bietjie hang in skaamte…

‘n Ou tannetjie is 100 jaar oud en sy doen gewigstoot. Omies van 80-84 wat 100m hardloop. Ek gaan vandag bietjie minder moun!

http://www.dailymail.co.uk/news/worldnews/article-1219625/World-Masters-Games-Golden-oldies-young-uns-done.html

wenBaie dankie almal vir die saam-speel. Ek het baie gelag vir julle waaghalsige en ongewone vrae… Ek  het  ‘n vraag gekies wat my ‘n bietjie laat dink het, so dit was nice. Daar was moewiese goeie vrae, maar die een was ‘n eenvoudige maar tog diep vraag:  Gunsteling fliek van alle tye… en hoekom? So ons gelukkige wenner  is Devloekwoordin en ek hoop hy sal darem 2 piepklein boksies tjoklits, of ‘n karretjie of ‘n pakkie chappies kan koop. Geniet dit vloekwoordjie!  ;-)

OK nou tag ek vir Blixer!!

Pap en wors

papSo op die klein Saterdag vir julle ‘n ietsie om uit te sien na die naweek! Baie skerp idee, so ewe P’nP… teen R50 ‘n kilo, ek dink dis effe belaglik!

vra4vra3

 

 

 

Hi Almal

Ek lewe nog, vir die wat gedink het die girl het die emmer geskop! Ek het  lekker gerus en is nou poetsvrou-loos so my tyd by my lessenaar is redelik beperk. Aangesien ek niks interessant kan kry om op my blog te sit nie, het ek maar devloekwoordin se ‘aanbod’ aanvaar.

SOOooo vra nou jou vrae….een reël, moenie my laat bloos nie…

Ek het besluit om dit bietjie interessant te maak, so ek sponsor ‘n R100 Woolies voucher vir die beste vraag! As daar ‘n tie is, sal ons dit R50 elk maak. Reg so?

Older Posts »