Ons klein haasbek sê gister vir my: “Mamma, die kos brand weer”. Nee sê ek daars nie kos op die stoof nie. Sy hou vol, iets brand. Later ruik ek iets wat amper soos brieke ruik. Ek sit toe nog ‘n rukkie, dis sooo koud. Sleep sleep sloer ek kombuis toe. Vat die kettel om die lyf te kickstart met kaffeien. Staan voor die wasbak, tap water in die ketel, en ek hoor water loop…
Hoe dan, ek’s nie so gevries dat ek nie eers die water in die ketel kan mik nie. Ek kyk af, my hart slaan drie slae mis…
Die ketel lek. NeE nie lek nie, die water strooom soos Victoria valle daaruit. Ek’t dit sonder water aangesit, en vergeet daarvan. ‘I killed the kettle’.
Ons van, moes Koffie gewees het. Ons (3 volwassenes) drink 200g Jacobs in ‘n week kla. Lang storie kort te knip, ons sukkel. Soos lyke is ons vanoggend uit die huis uit. Kinders afgelaai en reguit Wimpy toe. Die goed wat hulle koffie noem daar is NIE koffie nie. Een koppie tot 12 uur werk net nie. Die hoofpyn is vreeslik.
Die stoof vat lank. Sal more ‘n ketel moet kry, anders vrek ons soos ‘n klomp visse sonder water.





Og, ja, ek ken daai gevoel. Hoop julle het al ‘n ketel!
Ek leen ‘n ou een by my pa. Wil graag ‘n ‘urn’ kry, dink dit sal beter werk vir addicts! Spaar nou sente om dit te koop, klein een kos R700.