

Het jy jou geldjie gegee? Het jy nie? Ek is eerlik, ek het nie, en sorry as iemand kwaad is oor ek so ‘n suinige vrou is. My rede is eenvoudig: Kom die geld by die ‘regte’ mense uit? Die mense wat dit geniune nodig het, kry hulle dit of kry een of ander dikgevrete, nie-gestremde persoon dit?





Ek het ‘n aller fraaiste skel pienk “Hello Kitty” Hempie aan saam my se denim! Ek lyk bietjie jonger vandag!
Aah cute! Eks nogal ‘n hallo kitty fan. Verkoop nou touchscreen fone wat hello kitty is!
Ek sal ‘n geldjie gee as party mense NIE loslit-dag klere aantrek nie.
DMI… Dit is nogal scary hoe party mense uit hul corporate drag lyk… ne!
Het jy jou two tone hemp aan vandag?
Dis ‘n plan, maar daars party mense wat ek eerder NIE sonder klere wil sien nie. Soos myself.
Ek’s so onderbedeeld ek koop maar die stickers, jong. Sommer 2, ja! Dis die een keer per jaar wat ek dit so regkry ek ook darem bietjie bolangs aandag te kry, want die double-padded-wonderbra help nie eers nie. Maar die stickers werk!!
LOL BB!! Dis ‘n interessante siening, anders maar interssant…
Jissie, wonder ek nou waar in watse grot was ek dat ek nie eers geweet het van loslitdag nie! So nee, het nie my geld gegee vir dit nie. Ek dra maar elke dag loslitklere, wat sou ek dan op loslitdag aantrek?
Miskien dan formeel? Hare laat doen, die works?