Ek het ‘n bietjie lank gevat, ek’s deesdae baie lui om te blog… My belangrikste ‘reel’ wat ek die kinders probeer leer is:
♥ As jy nie iets mooi kan sê nie, hou jou mond, jy HOEF nie iets te sê nie!
Die ander wat volg is in geen spesifieke volgorde nie.
♥ Kweek ‘n liefde vir lees by jou kinders, dis net ’priceless’.
♥ Eerste indrukke is blydend, probeer dat dit ‘n goeie een is..
♥ Sê elke dag vir jou man jys lief vir hom, en jy waardeer alles wat hy doen!
♥ My huis is altyd chaos, en iemand het eenkeer vir my gesê, dis hoe ‘n huis moet wees. Daar word geleef!
♥ Geen oortreding is onvergeetlik nie, behalwe as jy dit so wil hê.
♥ Dis die vriende wat jy 4uur in die oggend kan bel, wat saak maak.
♥ To have a good friend, you have to be a good friend.
♥ Skoonheid vergaan, maar deug bly staan.
♥ Buig die boompie terwyl hy(of sy) nog jonk is.
♥ Wees altyd op tyd, as jy laat gaan wees bel vooraf.
♥ Rather look to the future than dwell in the past.
♥ Beproef alle dinge, maar behou die goeie.
♥ “Sex appeal” is 50% wat jy het, en 50% wat mense dink jy het. -Sophia Loren
♥ Pas jou liggaam op, jy het net een.
Die laaste een is ook nogal baie belangrik:
♥ Onthou as jy nie met die familie of vriende oor die weg kom nie, maak dit nie saak nie, want eendag gaan dit net jy en man of vrou op die stoep wees. Jou kinders gaan besig wees met hulle gesinne, die vriende gaan moontlik al vervang wees en ouers en skoonouers gaan moontlik dood wees. Net julle twee gaan saam wees, so hou maar liefie gelukkig





Jinne, ek is met jou op daardie lees ene. Dit is ongelooflik belangrik!!
Dankie vloekwoordjie! Die 2 jongste girls lees vandat hulle 4 is, nou nie presies 4 nie, so 4½. Hulle leesvermoee is redelik goed. Hulle verslind enige leesstof. Die nadeel is, ek moet gereeld nuwe boeke by lapa bestel, want jy sukkel om altyd 2de handse boeke vir kids te kry!
Jip ek hou baie van jou lewens reëls, met die reëls kan jy nie verkeerd gaan nie.
Veral die laaste een is baie waar en belangrik.
Dankie Wippie. Mens leer maar, maar dis nie altyd so maklik om toe te pas nie.
Ek hou ook van die lees een.
En van die kyk in die toekoms en vergeet die verlede.
Hi Xena. Dankie.
Sjoe Boerie… Jy het regtig ‘n hele klomp WAARDEVOLLE lesse daar beet! Not just a pretty face
Hi Girlie Dankie!
Jip, dis baie mooi en so waar!!
Eks net baie dankbaar vir ‘n vriendin soos jy!
Ware en wyse woorde…so ‘n vrou na my hart! Dankie vir jou deel daarvan. Riana
Dankie vir die loer Riana!