Hi Almal. Ek gaan nie tag nie, ek dink dis effe tyd-rowend. Los ‘n comment en sê wat is in jou paneel kissie van jou kar. Of as die paneel kissie baie klein is (soos myne), die deure se ’sakkies’ en daai middelste pak-plekkie wat soos ‘n hand-lening lyk, tel ook!
Hier is myne: 






Ag, nooit eers veruidelik nie!
Prent 1:
2 Lip-Ice( Een proe lekker, die ander een het so effe rooi skynsel), drukpotlood, potlood, pen en papier (En ek soek steeds ALTYD ‘n skryfding), liksens,id, ipod (ek stap soms met Boeta in sy waentjie dan luister ek musiek), en sigaretaansteker want Boeta peuter aan die ding as ek bestuur, (terwyl hy vas is in sy karstoel) en eks bang hy brand dalk.
Prent2:
Boeta se sonbril, wat hy mee speel, tissues en pen, speelding, “son-beskerm-plak-goed”, karboekie en 2 spuitgoed sonder doppies(‘n girl moet darem ‘n keuse hê!).
Prent3:
So halwe weggesteekte laaitjie, is R100 opgevou, vir ‘n noodgeval. As ek te min geld vat of dalk heeltemal vergeet, wat ook al gebeur het, dan kan ek darem Petrol ingooi.
En op ‘n ander plekkie het ek ‘n knipmes en ‘n naelknipper.
My paneel kissie: Kar dokumente, ‘n bidsnoer, my radio gesiggie houer.
Agter die passasier sitplek: ‘n Kontrak.
Passasierdeur: Paar brosjures (lees moontlike blogmateriaal)
Bestuurdersdeur: Gemors tot ek dit kan weggooi.
LoL, ek het so paar kwitansie gehad, wat ek gister weggegooi het!
My CD shuttle is in my voorste paneelkissie geinstalleer en die bietjie plek wat oor is, is vol tissues.
In die kissie tussen die voorste 2 sitplekke: Lip gloss, Tic-Tac, hand sanitizer, Vaseline hand and nail cream en ‘n bottletjie lavender spuitgoed (om binne die kar te spuit) . Petrol kaart, pen en klein notaboekie.
Daar lê altyd werksdokumente, cd’s en ‘n memory stick of 3 op my agterste sitplek rond.
My kar dokumente lê onder die sitplek. Die “boe-boe” is in die passasierdeur, ek gooi al my petrolstrokies daarin
O ja en in die asbakkie is ‘n klomp kleingeld vir karwagte.
‘n Regte “girly” kar!
Nou is dit ‘n girly kar, die seuns is groot, die laaste een maak die jaar klaar met sy studies. Maar toe hulle klein was, was dit vol noodsaaklike en “sê nou net ek gaan dit nodig kry” goedjies gewees.
Wippie, I know what you mean…2 “babasakke” in die kar vir ‘noodgevalle’, 2 handdoeke vir noodgevalle, ‘n golfstokkie en seker omtrent 4 balle vir …you guessed it, noodgevalle!
Muntstukke, altyd toffiepapiertjies, altyd een of ander iets van die familie wat rondgery word soos boeke, klere, papiere of iets(wat ek in elk geval vegeet om uit te laai as ek hulle sien), handeroom, spuitgoed, tissues en oogpotlood wat stomp is.
O ja en die kwitansies wat opgevrommel is en ‘n pen.
Karre met te veel pakplekkies is ‘n euwel. Dink ek moet ‘n donkiekar kry….
Paneelkissie # 1 – ID, Pen, Papiere
Paneelkissie # 2 – Karboekie-ding, spaar labello, refill vir lekkerruik ding, nog papiere, spaar sigarette, batterye, spaar kamera, nog papiere….
Agter sitplek – Padkaartboek
Langs bestuurder deur – Halls, tissues en allerhande kwitansies
Langs passasier deur – Papiere (Verskeie)
Handlening plek – CD’s (Nie een natuurlik in oorspronklike kassie nie)
Onder die rathefboom – Sigarette, Aansteker, Selfoon, (As ek in die kar ry) Nog papiere, Memory stick…. (of dalk 2??) en kleingeld
Goeie genugtig! En in aanskoue van my karretjie het ek gedink daar is baie goed in my paneelkissie, boy was I wrong! Jy erger as ons bleddie vrouens!
Ooops, vergeet om te noem dat jy onder die sitplekke koorleêrs ook gaan vind…
Demoerin definitief het jy ‘n donkiekar nodig
Gits ek moes eers gaan kyk
WEl daar is advertensies van ons plaas in, ‘n notaboekie en die kinders psp kar chargers
Nogal min vir my wat alles altyd net neersit lol
Liefdetjies
xxxx
Advertensies van die plaas??? Wil julle verkoop?
My paneelkissie is heel veilig… Dis my kattebak wat half scary is!
Dis so ‘bo blink, onder stink’ tipe ding ?
Neeeeeeee…. Daar is net baie groter goed in… ek ry rond met selfs kampstoele in die kar… You never know
Lipstiek, hoofpyn pille, sonbrille, sweets, kougom, oopgemaakte onbelangrike pos, kwitansies, koop strokies, bankstrokies, Labello, en dit is in al wat gaaitjie is ingedruk.
Mens sien gou watter mense bring baie tyd in hulle voertuie deur …
CD`s en ‘n padkaart
Georganiseerd!
Woon daar ‘n spook in jou paneelkissie?
http://skoor.wordpress.com/2009/10/29/ek-spook-jy-spook/
OMS ek hoop nie so nie! Maar alles is seker moontlik
Niks waardevoller as R100 nie, net vir ingeval hulle inbreek. Fake Ray Ban sonbril, amper leë deodorant blikkie, pen&papier, FM modulator waaraan ek ‘n memory stick koppel om mp3’s deur my ou radio te speel. Verder hou ek van skoon, sonder papiertjies en goed.
Al wat in my paneel kissie is: die boek van die kar … regtig dit is al!
Neeee geniune? Jy spandeer seker nie veel tyd in jou kar nie.
Hoe voel die sinus?
Paneelkissie: CD’s en ‘n kabel wat my iPod verbind met die draadloos.
Pen.
Laasjaar se duikliksense.
Tampon
Leatherman
Garmin houer
oukei…. jy vatiekakie skoorie, say it as it is. Niks versiersuiker nie!
Kool Girlie! ‘n Kampstoel!